Ek het 'n bykanse fanaties beheptheid met die bome langs ons paaie en ek het honderde fotos van die wat ek gereeld by verbyry. Hierdie wagters langs die paaie laat my verbeelding loop neem en ek probeer altyd imagine wat hulle al alles in hulle lewe gesien verbygaan het.
Die fotos wat nou volg is almal so bietjie aangepas teneinde 'n beter atmosfeer vir my te skep. Ek weet baie puriste hou nie daarvan nie maar dis mos nou maar so ... smaak verskil
Net na die Vryheid Dundee kruising staan hierdie gestrooptes ... rustig en kalm, geduldig en statig terwyl hulle wag vir die nuwe groei seisoen.
Wagters op die grasvlakte ... Die pad van Vryheid na Melmoth gaan deur van die mooiste landskappe en ek moet altyd pasop dat ek nie mal raak met my kamera nie. Waar die pad deur die rante gesny is kan mens skerp kontraste in teksture sien en ek vind dit moeilik om nie af te neem nie. Dan is daar ook die vistas as jy so oor die waterskeidings gaan en hier is dit absoluut stunning om te sien hoe die lig op die verskillende kontoere speel. Ek is op a goeie tyd in die area want die sinkende son maak dinge amper toweragtig mooi.
Terwyl ek nou so na die fotos kyk probeer ek dink aan woorde om die ervarings op so pad te skilder. Vir my is die sensasie van spoed op a fiets nie die grootste trekpleister nie. Nee ... vir my is die magic wanneer jy op a blinde draai afkom en outomaties spoed verminder, die sensasie wat deur my spoel terwyl ek afrat en in die draai in leun ... elke senuwee vlymskerp gefokus ...
"Wat as daar a trok staan ?"
"Wat as daar mense of diere in die draai is of a pothole ?"
... maar net 'n paar van die dinge waaraan ek dink terwyl my regter voorarm tintel onder die konsentrasie om die spoed te beheer terwyl twee vingers liggies op die handrem rus en my regtervoet net so effens verskuif sodat die rem pedaal vinniger bygekom kan word. Terwyl ek hierdie dinge byna onbewustelik doen grou my oë vir a vastrapplekkie sodat ek om die draai kan sien maar die vastrapplekkie ontwyk my na al die jare nogsteeds. Dan maak die draai stadig meer oop en my sigruimte word langer ... sonder om te dink rol ek die handvatsel so knertsie aan en die 1200 cc masjien verorber die bietjie ekstra sousies gretiglik en in ruil kan ek voel hoe die fiets harder begin trek onder my bas. Dan is die draai oop en die die masjien grom van lekkerte as die sous begin instroom in sy oopgerekte keelgat af. Ek druk so klein bietjie harder om die fiets binne sy lyn te hou want nou wil hy mos alewig wyer neuk ... die pad word reguit en met a gevoel van genoegdoening sien ek hoe die fiets regop kom en die volgende rat verwelkom.
Dit is een van die plekkies op die pad wat my seker vir altyd sal laat ry. Ander dag sal ek weer vertel van 'n ander lekkerte op die pad.
So skuins na 15h15 rol ek in Melmoth in en dit was lekker om bietjie af te klim en my bene te rek. Met die wat ek alleen ry stop ek baie minder en as ek stop is dit net vir a kort rukkie. Terwyl die LT vol gemaak word kry ek vir my a Coke en a pakkie chips. Ek is nogal honger want ek het nie middagete gehad nie. Ondervinding het my egter geleer dat dit dwaas sal wees om nou serious te eet. Ek ly aan die ongemaklike Sindroom X en dis bykans selfmoord indien ek verkeerd eet terwyl ek op die bike is. Die was nou my laaste petrol stop en ek laai die gastehuis in die GPS in ... maar nee ... die ding wil niks weet nie ... die naamveranderings van strate is nie goed vir GPS'e nie en ek besef dat ek Roan sal moet bel. Dit sal ook interresant wees om te hoor waar trek hulle.
Tien minute later is ek weer oppad en die son begin nou pla ... hy vang my regteroog op a slegte hoek van die kant af en ek ry swaar. DIe pad wemel van die trokke en lang toue karre. Spoedig begin ek afsak na die vlakte voor die see.
Die sinkende son speel op die suikerriet pluime. Net na 17h00 ry ek by die Ultra City in en besluit om hier a ordentlike stop te maak. Ek was nou minder as 100km van my bestemming af en die sinkende son is lastig. Ek wou ook nou my kamera wegsit want die lig is te swak vir die hoë spoed shots.
Hier kom ook nou agter hoe stupid die mense dinge by die plek bestuur. Hulle sluit die Diner 17h00 en dit beteken ek moet maar so staan staan a versnappering geniet. EK bel my familie en ook vir Roan. Ons sal omtrent dieselfde tyd by die gastehuis aankom.
Dit was 'n lang dag in die saal maar ek het dit geniet en alhoewel ek my vriend erg mis op die pad is vir my belangrik dat ek vrede kon maak met die feit dat ek voortaan baie meer alleen sal moet ry. Die LT loop sos 'n droom en vandag het ek weereens besef dat ek geen ander fiets ken wat die langpad so gemaklik aanvat nie. Ek kan ook voel dat die engine begin loskom en die bekende gesuis as jy die BMW K1200's se revs opjaag is besig om meer solid te raak.
So om saam te vat ... ek was gelukkig en my fiets het presies gedoen wat ek van hom verwag. Ek het die mental block teen alleen ry gebreek en op die koop toe het ek amper a vakansie in een dag gehad.
Dankie dat jy gelees het en ek hoop jy het dit geniet. Ek was in Glenwood 18h45 ... 689km teen 'n gemiddelde spoed van 118kmh.
Die ligroos refleksie van die sakkende son glim op die LT se bakwerk ... vir my is dit 'n manjifieke fiets.
Dankie Roan vir al die wonderlike myle wat ons saam plat gery het en onthou dit ...
Ek laaik dit niks om sonder jou op die pad te wees nie.Ek het my demone vandag in die oë gekyk en hulle aangevat ... en ek is bly om te sê ek het hulle oorwin. Alhoewel ek altyd eerder saam met my ou saal maat sal wil ry het ek weereens bewys dat ek nogsteeds soos in die ou dae alleen die langpad kan aanvat. Natuurlik moet ek bietjie beter beplan, bietjie meer oplettend wees en so bietjie meer konsentreer maar ek kan dit doen. Dis eintlik vreemd dat ek wat bykans soos a hermiet leef hierdie verlies aan my saal maat so erg aan my lyf gevoel het.