Danie
Guest
|
|
« on: January 20, 2008, 07:59:28 PM » |
|
Dankie vir die uitnodiging om hierdie webblad te besoek - ek beskou die uitnodiging as n eer.
Ek bevind myself in Durban, en is (amper 31 jaar) getroud met Juliana - die liefde van my lewe.
Ek hou daarvan om eerder die "minder ernstige" dinge in die lewe raak te sien, maar het darem ook al agter gekom dat almal nie altyd lus is vir my "humor" nie - so hopelik sal ek daarin slaag dat ek niemand op hierdie forum ooit irriteer nie.
My liefde vir motorfietse strek al vanaf my skooldae - was gek oor fiets ry, en my eerste selfaangedrewe "fiets" was n flenter Vespa - wat ek self (in my skooldae - sonder kennis)opgebou het. Daarna het ek verskeie "scramblers" besit, - my huidige motorfietse is n BMW R65, en n Kawasaki Gpz 1100. Ek besef ek is nie juis "in tel" be die jonger manne met my ou motorfietse nie, maar dit hinder my geensins -solank ek enige "handlebars" kan vashou, is ek gelukkig.
Ek hoop ek sal in staat wees om n positiewe bydrae tot hierdie forum te maak.
Groetnis
Danie
|