Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length

 
Advanced search

80,679 Posts in 10,686 Topics- by 11 Members - Latest Member: Justus Page

March 02, 2021, 04:55:07 PM
Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Niks hou vir altyd nie.  (Read 5675 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Colyn
Administrator
Connected
*****

Sparks: +2/-0
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 979


Live life ...


« on: June 08, 2009, 12:56:30 AM »

Vannaand skryf ek die stukkie vir die wat al kennis gemaak het met depressie ... nie die geld soort depressie nie ... nee dis geestelike depressie ... daai ding wat so maklik die lewe uit mens uit kan suig.

In die huidige ekonomiese klimaat is dit net vanselfsprekend dat ons elke dag met dinge gekonfronteer word wat mens laat voel die lewe is net eenvoudig te swaar. Angstigheid oor geld en die toekoms laat jou voel dat die mure jou vasdruk en die plafon wil jou versmoor.

Jy maak die koerant oop en berigte van mense wat selfmoord pleeg en gesinsgeweld spring uit die bladsye uit op. Jou oŽ dwaal oor die swartgalligheid en jou gemoed trek jou nader na die grond toe. Die foon lui en nog 'n kliŽnt kanselleer 'n afspraak. Sonder om te kyk voel voel jy waar jou beker koffie staan en te laat besef jy dit is nie goed om blindelings na warm koffie te soek nie. Dis met 'n gevoel van totale afsku dat jy kyk en sien hoe die bruin vloeistof oor jou tafel vloei sonder enige ontsag vir die waarde of kwesbaarheid van dit wat in die stomende stroom bruin vloeistof se pad kom nie.

Vir bykans my hele lewe het ek 'n donker draak wat op die rante van my bestaan rond luier en net wag vir die kans om my te bespring en te verswelg ... depressie ... a maalkolk van emosies wat my die dieptes insleep sonder om ag te slaan op enige sosiale etiket of ordentlikheid. Dis periodiek en wel bekend aan my. Ek en hierdie draak kruis swaarde met eentonige reelmaat en die geveg duur gewoonlik so vier dae.

Dag een begin gewoonlik met a rits insidente wat my eers erg agresief maak en dan skielik is hy daar ... gloeiende oŽ en 'n vlammebÍk wat reg op my gerig word. Omdat ek hom goed ken weet ek onmiddelik waarvoor ek in is en dan vat dit alles in my om nie waansinnig goeters in sy rigting te slinger nie. Nee ... ondervinding het my geleer dat ek beter nou my kragte spaar en sorg dat daardie kwylende tande my nie in die hande kry nie. Daar lÍ 4 dae van loutere hel voor en ek gaan elke greintjie energie nodig hÍ om die anderkant van hierdie ding te sien.

Soos die dag vorder begin al hoe meer dinge skeefloop en dit verg brute wilskrag om elke krisis te hanteer en dit so te hanteer dat ek met die uitkoms kan leef. Baie mense is afhanklik van my en besluite wat ek neem kan ernstige gevolge vir ander mense inhou. Alhoewel alles in my skree om myself te beskerm kan ek nie toelaat dat selfbeskerming my enigste doel word nie want ek het verantwoordelikhede.

Teen laatnag is die draak baie naby aan my en slaap is nie 'n opsie nie. Ek is gelukkig dat my werk ook my stokperdjie is en baie van die gereedskap wat ek in my werk gebruik is ook goeie ontspanning vir my. Nou word dit meer as onspanning, dit word ontvlugting. Ek worstel die nag om deur een of ander abnormale moeilike grafiese taak aan te pak en honderd persent in die tegniese uitdagings in te sink.

Dag twee breek aan en ek is nou baie slegte geselskap. Ek vermy enige kontak met mense so vÍr as wat ek kan en konsentreer op my werk, drink koffie en rook sterk sigarette. Wel rook is seker nie heeltemal waar nie, ek brand baie sigarette. Nog 'n lang nag is voor en ek leef min of meer in 'n skemer wÍreld van donker gedagtes en pruttende agressie wat kort kort neig om uit te bars. Dis juis hierdie agressie wat my geleer het om mense te vermy so vÍr as moontlik gedurende hierdie insidente. Ja ek noem dit 'n insident want ek gaan dit nie verheerlik met a formele titel of naam nie.

Dag drie is wanneer ek begin swig voor die uitputting en dis net met jarelange se ingeburgerde disipline dat ek die draak bly beveg en nie toegee nie. Teen laataand verander ek my taktiek. Teen hierdie tyd is ek fisies uitgeput en dan laat los ek die brieke. Met totale oorgawe laat ek toe dat die depressie om my vou soos 'n dik nat kombers. Ek gaan klim in die bed en raak gewoonlik feitlik onmiddelik aan die slaap. My slaap word versteur deur aaklige drome maar ek het al geleer dat dit onskadelik is en die angstigheid word maar as deel van die "fliek" gesien.

Dagbreek dag vier ... ek sleep myself uit die bed uit en gaan sit in my kantoor en staar maar net deur die venster. Die draak is in sy noppies want hy het vrye teuls. Hy boelie en karnuffel my lam en tam gees sonder genade en ek is 'n gelate deelnemer aan hierdie geveg.

Nou gaan ek sÍ wat dalk nie mooi sin gaan maak vir die meeste van julle nie maar ek het hierdie totale oorgawe nodig anders kan ek nie uit die donker gat uit kom nie. In my geestesoog is dit kompleet asof die oorgawe my toelaat om spoed op te tel die dieptes in. Ja, ek moet spoed optel want as ek die bodem op volspoed tref dan sal daar genoeg momentum wees om die anderkant uit te kom. So in die ure na sonop tuimel ek teen die wal af sonder weerstand en soek naarstigtelik vir die bodem.

Hierdie fase duur ongeveer 12 ure en is louter hel. My brein voel soos a nat slaapsak en my produktiwiteit is feitlik zero. Teen laatmiddag neem ek a wils besluit ... GENOEG !

Ek forseer myself om te gaan stort en te skeer en netjies aan te trek. Volgende is 'n ordentlike ete saam met my familie en dan skud ek die laaste klippies uit my skoene en begin te werk. Die draak se ogies verdof en sy bek gaan toe. Ek hou hom dop soos hy druipstert wegwaggel en in sy grot verdwyn. Nie verslaan nie maar wel goed afgeweer want ek weet uit ondervinding hy gaan eendag weer terugkom. Maar vir nou is hy weg en die lewe gaan aan. Wat belangrik is om te onthou is dat alhoewel dit 'n helse onderving vir my is het die wÍreld nie een sekond verloor nie en niks het stil gaan staan nie.

Nou het ek omtrent klaar gepraat en gaan vir julle 'n paar mooi fotos wys.


Alhoewel die winter hoe erg was sal die bome weer bot en blom as die lente kom.


Waar daar 'n paar maande terug net kaaltakke was is daar nou groen lower en helder blomme.


In volle glorie betower die Flambojante ons, vol beloftes van wonderlike dae wat voorlÍ.


Helaas ... niks hou vir ewig aan nie.

As jy dalk aan depressie ly ... soek hulp voor dit te laat is. Depressie is 'n monster wat jou lewe wegsteel en dan lag daaroor. Ek het 'n paar wyse mense in my lewe gehad wat my geleer het hoe om die ding te hanteer.
« Last Edit: June 08, 2009, 01:11:29 AM by Colyn » Logged

If you see it shoot it!
Cassie
Guest
« Reply #1 on: July 06, 2009, 01:38:02 PM »

Sterkte met jou draak Colyn!  Wink

Ek glo ons almal het mar partykeer sulke dae........  Undecided
Logged
Captain Slow
Guest
« Reply #2 on: July 20, 2009, 09:31:13 PM »

Pragtige skryfstyl Colyn.... jy moet 'n boek skryf....

Ek sal hom koop.

Hoop jy voel beter.... my depression hou aan vir weke...  uglystupid2
Logged
Colyn RK21
Prowler
Administrator
Connected
*****

Sparks: +0/-0
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 928



« Reply #3 on: July 21, 2009, 11:15:20 AM »

Dankie julle.
Logged

Wasted are the hours not spent in the saddle!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to:  

Theme orange-lt created by panic