Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length

 
Advanced search

70,518 Posts in 9,662 Topics- by 62 Members - Latest Member: Etienne Schoombee

August 25, 2019, 05:28:48 PM
Tripwired ClothingForumTwist and Go - All about bikesHit the RoadLong distance riding (Moderators: Roan, Captain Slow)Herontmoeting ... een man, een fiets en die langpad.
Pages: [1]   Go Down
Print
Author Topic: Herontmoeting ... een man, een fiets en die langpad.  (Read 8431 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Colyn RK21
Prowler
Administrator
Connected
*****

Sparks: +0/-0
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 928



« on: August 03, 2009, 10:35:10 AM »

Net so bietjie agtergrond voor ons die pad vat. Na 18 jaar van fietsloosheid het my vriend Roan my gedurende Februarie 2005 oortuig om weer te begin ry. Ek moet erken dat ek baie teŽsinnig was en uiteindelik ingestem het om op 'n toetsrit te gaan bloot uit respek vir Roan se gevoelens. My gedagte was dat ek maar die dag sal gaan ry en dan net eenvoudig terugsink in my eie wÍreld in sonder baie omskrywings. Ek gaan nie die detail van die toetslopie nou omskryf nie maar al wat ek kan sÍ is dat dit minder as 30 minute in die saal gevat het om my met oorgawe te laat terugspring in dit wat in my jong dae my lewe totaal oorheers het. Binne dae na die toetsrit was ek die trotse eienaar van a bloedrooi BMW K1200GT en dit het vir my gevoel asof ek twintig jaar van my ouderdom afgestroop het met een handtekening.

Nouja sedert daardie Saterdag oggend het ek en Roan duisende kilometers saam afgelÍ. Dit was vir my wonderlik om weereens die vryheid van die ooppad te beleef en die opgewondenheid oor wat oor die horison wag het my ure per dag in die saal laat sit. Die grootste faktor in my nuwe lewe was die kameraadskap tussen my en Roan en ek was bevoorreg om a saal maat te hÍ wat alty reg was om die pad te vat saam met my. Roan se teenwoordigheid het my gemaklik op die pad laat voel en toe ek en my LT omval in Heidelberg in die Kaap by a petrolstop was die ou groot bees blitsig by om die os van 'n LT op te tel. Ek kon gelukkig self opstaan. Roan was by om die swaar bike by Piketberg deur 'n baie nou en vieslike steil paadjie op die rand van die afgrond verby te kry. So kan ek menige insidente opnoem waar sy teenwoordigheid dit vir my gemaklik gemaak het op die pad. So was hy ook die een wat my omgepraat het om 'n GS aan te skaf en in September 2008 is ons na die GS Challenge toe op Leydsdorp. Dit was hier waar die ou grote weereens sy staal gewys het en nadat ek 'n stuk berg weggeploeg het, het hy eers die bike van my af opgetel en toe het hy my opgetel ... ja hy moes my optel uit daai rooi stof uit want ek het my gat afgeval en my knie en heup beseer. Dit was hy wat my letterlik opgetel het en terug in die GS se saal gesit het sodat ek die pad kon vat terug beskawing toe. Dit was hy wat die GS regop gehou het en langs my gedraf het totdat ek die bike ordentlik aan die gang gekry het met my lam been en al. Dit was hy wat my by die hospitaal van die bike afgetel het en in 'n rolstoel gesit het. Dit was ook hy wat drie maande later my weer aangespoor het om maar weer die stofpad aan te pak en saam met my die Mabalel Loop gaan ry het sodat ek net my mind weer op die regte plek kon kry.

En toe gebeur dit ... ons besigheidsbelange brei uit en Roan moes Nelspruit verlaat ... tydelik maar noodsaaklik en hier sit ek toe stoksiel alleen. Ons nuwe belange het ons met sake vennote in Durban gekoppel en dit beteken dat daar vergaderings is wat bygewoon moet word. So kom dit toe dan ook dat ons in die laaste week van Julie 2008 'n tegniese vergadering moes bywoon. Vir 'n hele paar dae voor die vergadering het ek gewik en weeg of ek die pad moes vat met die bike. Aanvanklik sou Roan my met sy bike op Piet Retief ontmoet en dan sou ons daarvandan verder saam gery het. Twee dae voor ons vertrek verneem hy toe dat hy a kollega saam met hom moes neem van Pretoria na Durban en skielik was die bike nie meer 'n opsie vir hom nie. Hy het my gebel en voorgestel dat ek maar liewer met die kar moet ry. Ek was half onseker en het soort van ingestem ... dit was Vrydag, ek moes Maandag ry. Gedurende die naweek het ek net eenvoudig besluit dat ek die bike gaan vat. My vrou was nie baie gelukkig nie en Roan was ook effens knorrig. Wel dis nou hoe dit is, my saalmaat is weg en ek gaan nie nou weer ophou bike ry nie.

Maandag oggend het my vrou my dopgehou terwyl ek die bike gepak het en toe ek my riding gear aantrek was sy duidelik nie baie gelukkig nie.

"Dis vÍr en jy is alleen ..."

Ek het niks gesÍ nie en net aangetrek en met my eie demone gestoei. Oppad stoor toe loop ek verby my X5 en vir a oomblik twyfel ek nog maar toe kyk ek na die LT, kyk uit oor die vallei en besef dat my siel en gees hierdie trip meer nodig het as wat ek die gerief van 'n kar nodig het. Met honderde malende gedagtes sit ek my helmet op en klim in die saal ... die uitdrukking op my vrou se gesig spreek boekdele maar ek glimlag en stoot die groot fiets van sy center stand af.

"Bel my .... !!!" is die laaste woorde wat ek hoor van my vrou en toe moet ek my bearings bymekaar skraap en stewig vasvat want voor my lÍ die Rhenosterkop Trail ... 1 kilometer grondpaadjie wat defnitief nie LT vriendelik is nie. Met 'n salige gevoel van wellewendheid draai ek die LT in die teerpad in na 6 minute van senutergende glip en gly. Die groot fiets maak so swierige boog in die teerpad in en 'n ligte trekkie aan die die regter handvatsel laat die fiets grasieus regop kom en hy grom diep as ek sy oor trek. Die son skyn helder en daar is a ligte byt in die lug, ideale bike ry weer. Met 'n gevoel van vreugde in my leun ek in die eerste draai in en met genoegdoening voel ek hoe die fiets die kronkel na links opeet terwyl ons steeds versnel. Die volgende kinkel is skerper en nou moet ek so bietjie toemaak want ek het mos belowe ek gaan hierdie LT se onderstel nie weer so verinneweer soos die vorige een nie. 'n Stukkie reguit en dan slap regs en ons gly oor die kruin ... die vallei is nou agter my en ek skuif myself reg in die saal.

En so begin my eerste langpad trip sonder my saalmaat. Daar lÍ sowat 700km voor my maar die LT pomp my vol vertroue en ek begin die demone stadig maar seker een vir een in 'n boksie in te druk. Bietjie verkeer deur die dorp se buite wyke en toe draai ek links in die Barberton pad in. Teen die tyd dat ek teen die berg af is op die nuwe pad is ek rustig. Nou is dit net konsentreer en wakkerloop ... Durban is nog vÍr.

Ek het reeds besluit dat daar nie gejaag gaan word nie en ek hou die LT in my gemakzone ... hy kan natuurlik heelwat meer doen maar dis nie my saak nie. Saam saam kronkel ek en die fiets Nelshoogte uit en toe ek oor die kim gaan kan ek dadelik voel dat dit heelwat kouer op die HoŽveld is as wat dit in die Laeveld is. Die lang kronkelpad af Badplaas toe glip verby en toe die eerste afwyking. Die vulstasie net voor Badplaas is waar ek en Roan altyd gestop het vir a rokie en 'n geselsie. Hier het ons gewoonlik ons koppe in die regte plek gesit vir die trip want dis hier waar ons gewoonlik eers werklik weg was van ons daaglikse roetine. Ek sien die vulstasie aankom en vir 'n oomblik laat ek die bike spoed verminder maar toe wonder ek ...

"Vir wat ... ek is nie lus om alleen daar te staan nie."

Die vulstasie glip verby en dan draai ek links Lochiel se kant toe. Op hierdie stuk pad is daar baie rondloper beeste en ek hou my gedagtes by die pad. Ek draai regs en na 'n paar kilometer op die vlakte begin ek die rant opklim. 'n Man in a Mercedes E something is voor my en hy is vasbeslote om voor te bly. Ek glimlag net in my valhelm en plak die LT aan sy bumper vas ... so 100 meter agter hom en laat hom maar begaan. Ons draai regs na Ermelo se kant toe en die Merc maak gatskoon vir al wat hy werd is. Die kilometers vlieg verby en skielik gaan sy flikker aan ... 'n vinnige blik na die navigator bevestig hy is te vroeg en ek wuif vir hom as hy links afdraai. Nou is ek weer alleen op die pad en ek verstel my spoed. Dan kom die instruksie van die navigator af ... LINKS HIER VOOR ...

Ek draai links af na Amsterdam toe en hier is weer een van my en Roan se rookplekkies. Hierdie keer stop ek ... ek is nou bietjie meer as 'n uur in die saal en wil my bene so bietjie rek.


Dis ook hier waar ek my kamera uithaal en op sy regte plek sit, om my nek ... ek het die oggend vroeŽr nie lus gevoel vir die kamera om my nek nie, ek het genoeg demone gehad om mee te veg en was nie nog lus vir die kamera ook nie. Ek steek a sigaret aan en die blou rook krul lui lui die lug in. Winter op die platorand en daar is vanoggend nie a windjie wat trek nie. Ek voel die ysigheid in die lug en die LT vertel my dis net so skraps oor die 6 grade. Nou mis ek my ou maat en ek stap weg van my fiets af. So 100 meter padlangs en dan weer terug. Ek voel nou goed en die LT loop soos 'n droom. Die GS is nou wel 'n lekker fiets maar die ou grote is darem gebou vir die langpad. Die sigaret is klaar en ek zip toe en klim in die saal.
« Last Edit: August 03, 2009, 10:54:41 AM by Colyn RK21 » Logged

Wasted are the hours not spent in the saddle!
Colyn RK21
Prowler
Administrator
Connected
*****

Sparks: +0/-0
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 928



« Reply #1 on: August 03, 2009, 11:35:56 AM »

Van hier af vorentoe is daar nou 'n lang stretch oor die HoŽveld en nou gedurende die winter is dinge maar vaal en dood. Ek het oor die jare al geleer om myself besig te hou met die soek vir foto geleenthede en dit is wat ek nou weer vanoggend doen. As jy bereid is om diep te soek sal jy altyd iets moois in enige landskap sien. Vir my is dit belangrik om die momente vas te vang wat die ryery vir my besonder maak want dis wat ek met my familie en vriende wil deel. Ek probeer om hulle in gees saam met my op die bike te sit en wys hulle die dinge wat my laat glimlag het. Hierdie fotos is ook wat ek bÍre as brandhout vir die outyd.



Die skerp kontraste en teksture in 'n winter landskap offer goeie geleenthede om so bietjie "memories" weg te pak.




Dis waar die landskap breek en oor rante gaan is waar ons mooi fotos kan kry.




Die lang kronkel deur die rivier vallei en die bult uit is besonders vir my en ek laat die kamera
ook kantel om bietjie meer atmosfeer in die foto te sit.

So om en by 45 minute later is ek in Piet Retief. Hier soek die LT nou bietjie sous en ek rook terwyl die pompjoggie die bike se dors les. Ek het 'n bottel water in my saalsak en vat 'n paar lang trekke. Gewoonlik eet ek en Roan hier maar vandag is ek nie lus vir dit nie. Eet is mos nie iets wat lekker is as jy so op jou eie is nie.

Nog 'n sigaret en toe is ek terug in die saal. Van hier af is dit Paulpietersburg toe en dan Vryheid. Twee dorpe wat ek goed ken van my kinderdae af en in my latere lewe het ek en my broer groot besighede in die area gehad. My pa is op Paulpietersburg begrawe en die klein dorpie het 'n baie spesiale betekenis vir my. Die pad is vol lang golwende opdraandes en afdraandes soos dit die kontoer van die heuwels volg en plek plek sny die pad deur kommersieŽle plantasies. 'n Mens moet wakker wees op hierdie paaie want baie hout word met trekkers en sleepwaens vervoer en jy wil nie oopketels oor a bult of om 'n draai kom en hier kruip a trekker en sleepwa teen 20kmh voor jou nie terwyl daar a sperstreep is en die pad maar nou is nie. So het ek op a vorige trip amper myself in die grill van 'n motor vasgesmeer in my poging om 'n trekker te mis.

Net voor Vryheid stop ek langs die pad in 'n plaaspad ingang ... omdat ek alleen is gebruik ek nie die geriewe by die vulstasies nie want daar is nie iemand wat 'n ogie oor my bike kan hou terwyl ek binnekant is nie. Hier tussen die skourhoog tamboekie gras is ek gemaklik en kan self 'n ogie op my bike hou.



Ai ek mis my ou saalmaat kwaai.

'n Sigaret en dan is dit weer opsaal. Ek kyk na die roete log op die navigator en ek kan sien dat ek goed ry ... "Moving Average" is so net duskant die 122kmh en dus nou net so skraps na 14h00 en ek is so om en by halfpad.

Van hier af is dit nou oop Natalse grasvlaktes en 'n mooi pad tot by Melmoth.
« Last Edit: August 03, 2009, 11:43:10 AM by Colyn RK21 » Logged

Wasted are the hours not spent in the saddle!
Colyn RK21
Prowler
Administrator
Connected
*****

Sparks: +0/-0
Offline Offline

Gender: Male
Posts: 928



« Reply #2 on: August 03, 2009, 01:48:10 PM »

Ek het 'n bykanse fanaties beheptheid met die bome langs ons paaie en ek het honderde fotos van die wat ek gereeld by verbyry. Hierdie wagters langs die paaie laat my verbeelding loop neem en ek probeer altyd imagine wat hulle al alles in hulle lewe gesien verbygaan het.

Die fotos wat nou volg is almal so bietjie aangepas teneinde 'n beter atmosfeer vir my te skep. Ek weet baie puriste hou nie daarvan nie maar dis mos nou maar so ... smaak verskil Wink

Net na die Vryheid Dundee kruising staan hierdie gestrooptes ... rustig en kalm, geduldig en statig terwyl hulle wag vir die nuwe groei seisoen.



Wagters op die grasvlakte ...

Die pad van Vryheid na Melmoth gaan deur van die mooiste landskappe en ek moet altyd pasop dat ek nie mal raak met my kamera nie. Waar die pad deur die rante gesny is kan mens skerp kontraste in teksture sien en ek vind dit moeilik om nie af te neem nie. Dan is daar ook die vistas as jy so oor die waterskeidings gaan en hier is dit absoluut stunning om te sien hoe die lig op die verskillende kontoere speel. Ek is op a goeie tyd in die area want die sinkende son maak dinge amper toweragtig mooi.

Terwyl ek nou so na die fotos kyk probeer ek dink aan woorde om die ervarings op so pad te skilder. Vir my is die sensasie van spoed op a fiets nie die grootste trekpleister nie. Nee ... vir my is die magic wanneer jy op a blinde draai afkom en outomaties spoed verminder, die sensasie wat deur my spoel terwyl ek afrat en in die draai in leun ... elke senuwee vlymskerp gefokus ...

"Wat as daar a trok staan ?"
"Wat as daar mense of diere in die draai is of a pothole ?"

... maar net 'n paar van die dinge waaraan ek dink terwyl my regter voorarm tintel onder die konsentrasie om die spoed te beheer terwyl twee vingers liggies op die handrem rus en my regtervoet net so effens verskuif sodat die rem pedaal vinniger bygekom kan word. Terwyl ek hierdie dinge byna onbewustelik doen grou my oŽ vir a vastrapplekkie sodat ek om die draai kan sien maar die vastrapplekkie ontwyk my na al die jare nogsteeds. Dan maak die draai stadig meer oop en my sigruimte word langer ... sonder om te dink rol ek die handvatsel so knertsie aan en die 1200 cc masjien verorber die bietjie ekstra sousies gretiglik en in ruil kan ek voel hoe die fiets harder begin trek onder my bas. Dan is die draai oop en die die masjien grom van lekkerte as die sous begin instroom in sy oopgerekte keelgat af. Ek druk so klein bietjie harder om die fiets binne sy lyn te hou want nou wil hy mos alewig wyer neuk ... die pad word reguit en met a gevoel van genoegdoening sien ek hoe die fiets regop kom en die volgende rat verwelkom.

Dit is een van die plekkies op die pad wat my seker vir altyd sal laat ry. Ander dag sal ek weer vertel van 'n ander lekkerte op die pad.













So skuins na 15h15 rol ek in Melmoth in en dit was lekker om bietjie af te klim en my bene te rek. Met die wat ek alleen ry stop ek baie minder en as ek stop is dit net vir a kort rukkie. Terwyl die LT vol gemaak word kry ek vir my a Coke en a pakkie chips. Ek is nogal honger want ek het nie middagete gehad nie. Ondervinding het my egter geleer dat dit dwaas sal wees om nou serious te eet. Ek ly aan die ongemaklike Sindroom X en dis bykans selfmoord indien ek verkeerd eet terwyl ek op die bike is. Die was nou my laaste petrol stop en ek laai die gastehuis in die GPS in ... maar nee ... die ding wil niks weet nie ... die naamveranderings van strate is nie goed vir GPS'e nie en ek besef dat ek Roan sal moet bel. Dit sal ook interresant wees om te hoor waar trek hulle.

Tien minute later is ek weer oppad en die son begin nou pla ... hy vang my regteroog op a slegte hoek van die kant af en ek ry swaar. DIe pad wemel van die trokke en lang toue karre. Spoedig begin ek afsak na die vlakte voor die see.












Die sinkende son speel op die suikerriet pluime.



Net na 17h00 ry ek by die Ultra City in en besluit om hier a ordentlike stop te maak. Ek was nou minder as 100km van my bestemming af en die sinkende son is lastig. Ek wou ook nou my kamera wegsit want die lig is te swak vir die hoŽ spoed shots.

Hier kom ook nou agter hoe stupid die mense dinge by die plek bestuur. Hulle sluit die Diner 17h00 en dit beteken ek moet maar so staan staan a versnappering geniet. EK bel my familie en ook vir Roan. Ons sal omtrent dieselfde tyd by die gastehuis aankom.

Dit was 'n lang dag in die saal maar ek het dit geniet en alhoewel ek my vriend erg mis op die pad is vir my belangrik dat ek vrede kon maak met die feit dat ek voortaan baie meer alleen sal moet ry. Die LT loop sos 'n droom en vandag het ek weereens besef dat ek geen ander fiets ken wat die langpad so gemaklik aanvat nie. Ek kan ook voel dat die engine begin loskom en die bekende gesuis as jy die BMW K1200's se revs opjaag is besig om meer solid te raak.

So om saam te vat ... ek was gelukkig en my fiets het presies gedoen wat ek van hom verwag. Ek het die mental block teen alleen ry gebreek en op die koop toe het ek amper a vakansie in een dag gehad.

Dankie dat jy gelees het en ek hoop jy het dit geniet. Ek was in Glenwood 18h45 ... 689km teen 'n gemiddelde spoed van 118kmh.



Die ligroos refleksie van die sakkende son glim op die LT se bakwerk ... vir my is dit 'n manjifieke fiets.




Dankie Roan vir al die wonderlike myle wat ons saam plat gery het en onthou dit ...
Ek laaik dit niks om sonder jou op die pad te wees nie.


Ek het my demone vandag in die oŽ gekyk en hulle aangevat ... en ek is bly om te sÍ ek het hulle oorwin. Alhoewel ek altyd eerder saam met my ou saal maat sal wil ry het ek weereens bewys dat ek nogsteeds soos in die ou dae alleen die langpad kan aanvat. Natuurlik moet ek bietjie beter beplan, bietjie meer oplettend wees en so bietjie meer konsentreer maar ek kan dit doen. Dis eintlik vreemd dat ek wat bykans soos a hermiet leef hierdie verlies aan my saal maat so erg aan my lyf gevoel het.
« Last Edit: August 03, 2009, 02:55:46 PM by Colyn RK21 » Logged

Wasted are the hours not spent in the saddle!
Pages: [1]   Go Up
Print
Jump to:  

Theme orange-lt created by panic