Vertel meer Cassie.
Dit was in 2006, op die pad tussen Hazyview en Graskop.
Hy't seker so 10am sy ongeluk gehad, ou het van vooraf gekom IN Wim se baan, die ou het sy draai te wyd gevat. Wim moes sy bike optel deur die draai om dié ou te mis, ou het net aangehou ry, Wim is teen seker so 200km/h by afgrond af.
Die ou se girl het hom MAAK terugry, toe is Wim se pel reeds by hom nadat Wim opgeklim het tot bo by die pad. Hulle het omtrent 2 ure gewag vir ambulans van Sabie af.
In ambulans het hulle hom nie mooi vasgemaak op draagbaar nie, het rondegerol (met gebreekte arm en sleutelbeen) soos hulle gery het!
8pm die aand het hulle by Nelspruit se Mediclinic die eerste keer vir hom iets gegee vir die pyn! PS. Hy was vroeër eers in 'n ander hospitaal waar hulle hom kamstig nie kon help nie!
Hy is die volgende oggend 8am eers geopereer.... En sy sleutelbeen se sny en 'staple' merke lyk nét so lelik soos Wiehann s'n...... Ek glo dis dieselfde ortopeed.......